|

 |
Vind die oplossings van die probleme hier langsaan |
 |
Stuur jou oplossings na die adres hieronder |
 |
Neem deel aan die Wiskunde Talentsoektog |
 |
Verskerp jou vermöe om probleme op te los |
 |
Vermeerder jou beroeps-moontlikhede |
 |
Wen 'n plek in die Suid-Afrikaanse span |
|
Probleem 1
Twee sirkels sny mekaar sodat die afstand tussen hulle middelpunte 6 cm
is. Sirkel A se oppervlakte is 50 cm2, en Sirkel B s'n is
30 cm2. Bereken die verskil tussen die oppervlate van die
rooi gebied en dié van die blou gebied.
|
|
Probleem 2
Agt dorpe A, B, C, D, E, F, G en H lê langs 'n reguit pad.
Die tabel gee die afstande tussen elke twee dorpe.
(D is bv. 19 km van G af.)
Vul die oorblywende afstande in die leë blokkies in.
|
|
Probleem 3
'n Driehoek bestaan uit tien sentstukke. Wat is die kleinste aantal
sentstukke wat 'n mens moet skuif om die driehoek in 'n onderstebo-driehoek
te verander?
|
|
Probleem 4
In die diagram is daar drie gekleurde vierkante wat elkeen die ster bevat.
Hoeveel sulke vierkante met die ster binne-in kan in die diagram gevind word?
|
|
Probleem 5
Twintig posseëls vorm die patroon hierbo. Op hoeveel maniere kan 'n
mens drie posseëls t aan mekaar vasgeheg bly, uit die algehele patroon
losskeur?
|
|
Probleem 6
Een-en-twintig gassilinders word op drie vragmotors gelaai. Sewe van hulle
is vol, sewe is halfpad vol, en sewe is leeg. 'n Vol silinder weeg
50 kg en 'n leë een 20 kg. Hoe moet die silinders tussen die
vragmotors verdeel word sodat elkeen se vrag die selfde massa het?
|
|
|